AfriForum
Instituut vir Federalisme
Die Ideesentrum vir selfdoen, selfbeskikking, en praktiese federalisme.
Die AfriForum Instituut vir Federalisme is ’n dinktenk wat toegewy is aan die bestudering en bevordering van federalisme as ’n grondvlakverskynsel, tot voordeel van Afrikaners en ander kulturele minderhede in die besonder en Suid-Afrikaners in die algemeen. Die Instituut is in 2026 gestig om die praktiese burgerregtewerk van AfriForum te ondersteun met gehaltenavorsing op gebiede wat wissel van beleidsontwikkeling en plaaslike veiligheid tot eiendomsregte en rassediskriminasie, alles rondom die goue draad van gemeenskapsfederalisme.

